Alle lammers wat in die area
geproduseer word is organies. Daar word geen hormoon-aanvullings
of antibiotika vir die diere toegedien nie. Die wors is ook baie gewild,
aangesien ons geen soja of gluten byvoeg nie. Ons het ook ‘n spesiale wors
wat geen bygevoegde MSG of gluten bevat nie.
Ons probeer so ver moontlik in ons kliente se behoeftes
voorsien en daarom kan
die klient presies se hoe die lam opgesaag moet word, asook watter
gradering-lam hulle soek.
Uit die aard van die saak is ons produk ons trots en
daarom
probeer ons om sover moontlik die standaard bo gemiddeld te hou en is
altyd oop
vir voorstelle om ons produkte of die verpakking daarvan te verbeter.